Dis ek, Anna: Film Review

As jy ‘n Suid-Afrikaner is en naby of in groot stede bly en jouself binne ‘n inkopiesentrum bevind dan het jy seker al gesien dat die film, Dis ek, Anna, het gister, 15 Oktober, premier, dit is offisieël eers uit op die 23ste Oktober. Dit is ‘n film gebasseer op die verhale in die boeke, Dis ek, Anna en Die Staat teen Anna Bruwer, geskryf deur Anchien Troskie (onder die skuilnaam Elbie Lotter). Ek het nie die boeke gelees nie, maar my beste vriendin het wel, en toe ons sien die film kom uit moes ons dit gaan kyk.

Ek is ‘n trotse Afrikaans sprekende mens, en om films in Afrikaans te sien maak my hart baie bly. Veral as dit so ‘n treffende film is. Daar is ‘n waarskuwing dat dit sensitiewe kykers kan ontstel. Ek is nie ‘n sensitiewe kyker nie en ek was ontsteld. Vriendin het langs my gesit en huil, hier en daar het ek ook ‘n traan laat rol. Die skok het my trane terug gehou, ek was baie keer stom geslaan, tot in my binneste geskok. Vriendin het geweet wat kom, sy het geweet hoe om haarself te “brace” en het seker ook die seer vroër as die res van ons gevoel.

Hoekom, vra jy? Wat is so erg aan die film? Verkragting!!! Dis wat erg is! Ek dink dit is outomaties erger vir vroue as wat dit dalk vir mans kan wees. Ek gaan prober om nie te veel spoilers te gee nie, alhoewel ek kon die hele storie vir jou vertel en dit sal die film en die werklike storie steeds nie ten volle uit beeld nie. My Afrikaanse vermoë is in elkgeval nie van so aard nie. Basies, gaan dit oor ‘n vrou wat haar stiefpa dood skiet omdat hy haar van die ouderdom van 12 af verkrag… 2 – 3 keer ‘n week, en haar ma het daarvan geweet. Dit is die storie in sy rouste vorm, daars BAIE meer vleis aan die been, maar soos ek sê, ek wil dit nie spoil nie.

Kom ons doen gou ‘n vinnige sommetjie… daar is 52 weke in ‘n jaar, d.w.s Anna is minstens 104 keer ‘n jaar verkrag, in ‘n tydperk wat sy nog moes Barbie speel. Deur iemand wat ‘n beskermende figuur in haar lewe moes wees en haar ma het niks gedoen nie. Hoeveel dogters, vroue, sit in soortgelyke situasies? Hulpeloos, te skaam om iets vir iemand te sê? Te bang vir wat kan gebeur as die waarheid uitkom? Te bang dat dit op ‘n manier hul eie skuld is? Hoeveel vrouens sit nou nog met daardie nagmerie, jare nadat dit opgehou het, met die geheim van wat met hulle gebeur het? Die hartseer ding is, dit gebeur nie NET met meisies nie, dit gebeur met seuns ook. Dan is daar nog die feit dat mense dink kinders het die vermoë om iets van seks uit te dink en mense falslik te beskuldig daaraan. Op die ouderdom van 12, of in baie gevalle baie jongeras 12, weet kinders nie rêrig wat seks is nie, so hoe kan hulle stories daarvan opmaak? ‘n Aanhaling uit die film “Hoe verbeel jy jouself iets as jy nog nooit vantevore van dit gehoor het nie?”.

Volwasse Anna is gespeel deur Charlene Brouwer, jinne die vrou is goed. Oh my donner! Ongelooflik!!! Ek het nie die gevleuelde woorde wat nodig is om die vrou se toneelspelvermoë uit te blink nie, gaan kyk die film en sien vir jouself.

Dis ek, Anna

Charlene Bouwer: Pragtig en baie talentvol!

Jong Anna is deur 17 jarige Izel Bezuidenhout vertolk. Sy het die rol van die jong Anna wat deur die stiefpa verkrag word briljant gespeel. Mens moet sekerlik baie emosioneel sterk wees om so ‘n rol te speel. Ek dink dit help dat haar pa ‘n dominee was. Met God is enigiets moontlik.

Dis ek, Anna.

Izel Bezuidenhout: nog so jonk, en so baie bereik al!

Ek haal my hoed af vir Morné Visser wat die stiefpa speel, en Nicola Hanekom wat die ma speel. Dit is ‘n baie groot taak om so iemand so goed uit te beeld, ek kan net dink dat dit ‘n ware emosionele filmstel was. Ek is nie ‘n aktrise nie, dalk eendag, maar ek weet nie hoe diep mens in jou diepste nagmeries moet duik vir die regte persona, om so ‘n rol suksesvol te speel nie.

Dis ek, Anna.

Morné Visser: Anna se stiefpa

Dis ek, Anna.

Nicola Hanekom: Anna se ma.

Om mee af te sluit, as jy of iemand wat jy ken in ‘n situasie is waar seksuele gemollesteering plaas vind moedig ek jou aan om navore te kom. Al het dit jare terug gebeur, jy kan die lewe van ander meisies red deur die kwaddoeners se dade aan die lig te bring. Dit is nie jou skuld nie en dit is nie reg nie. Hier is ‘n nommer wat jy kan kontak: 08 000 55 555 of gaan na Childline se webtuiste: http://www.childlinesa.org.za.

Gaan ondersteun die Sit Jou Voet Neer blad op Facebook. Saam kan ons ‘n verskil maak.

Dis ek, Anna. Sit jou voet neer

Sit jou voet neer teen seksuele geweld!!

Advertisements

Gaan jy?!

Disclaimer: ek het nie op my kop geval ne, ek het nie eweskielik in n diep see van gedagte geval nie. Ek het net dinge wat moet uit, you know! Gedagtes en shit! Daar is die moontlikheid dat daar seer saam die gedagtes is maar meh.

kikker dit bietjie op!

kikker dit bietjie op!

Gaan jy nog omgee wanneer iets beters oor jou pad val?

Wanneer jou belange na ander dinge trek, sal jy die ou dinge onthou?

Op n skemers aand in die stilte van n romantiese toneel, met lig wat oor nakende sweeterige skouers val, sal jy dié traan bedekde skouer onthou?

Sal jy die gebede onthou wanneer die skatkus oorvloei?

Sal jy die nood(t) onhou wanneer die lied weer speel?

Onthou jy die ander, al is dit al wat jy sien?

Wanneer jy uit die gat is, onthou jy dié wat gehelp het?

Gaan jy nog saam speel al word jy te oud?

Gaan jy nog omkyk al stap jy aan?

Gaan jy nog liefhê al is jy seer?

Onthou jy die klein dinge wanneer die groot dinge op jou trap?

Sien jy die mooi agter die vaal raak?

Sien jy die gebroke en gemors agter die grimeer?

Sal jy die maer onthou wanneer die vet oorneem?

Sal jy die gevaar in die veilig onthou?

Sal jy onthou waar jy was wanneer jy kom waar jy wil wees?

Gaan jy terug dink of terug kom?

Dink jy verby môre?

Dink jy terug na gister?

Verlang jy na dié dinge wat kon?

Terwyl jy in die donker is, dink jy aan die son?

Ek is tog Afrikaans

Herre Bets, maar ek het lanklaas in onse mooie taal enigiets op die blog van my kwyt geraak, wat n tragedie. Ek dink dit is weer tyd vir n paar Afrikaanse treffers. Ek moet sê, ek dink die hele gevoel kom van my nuwe “moonlight” werkie by die kroeg genaamd Die Waenhuis… Dis korek, die kroeg se naam is Die Waenhuis. Kompleet met n ossewa wiel in die voorportaal en perde sale vir kroeg stoele. By Die Waenhuis word daar ook baie baie Afrikaanse treffers geluister, en ek gee nie om wie wat vir my se nie, Karlien van Jaarsveld se Hande is amazing (behalwe dat sy nie regtig kaalvoet loop in die musiek video nie… Sy dra moerse hakskoene, hoe maak dit sin?), en Dewald Wasserval se Eendag As Ons Groot Is smelt my hart sommer. So met effek voel ek heeltemal Afrikaans deesdae.

Ooooh ryperd, ons ry die pad tesame...

Ooooh ryperd, ons ry die pad tesame…

Dan kom ek nog op die vreeslike interessante webtuise (www.maroelamedia.co.za) af wat als wat Afrikaans in my is streel. Als van n diep liefde vir rugby tot die wil om ongelooflike interessante nuwe woorde of gesegdes te leer. Because who doesn’t like a smartass?! So die woord wat ek vandag nogals snaaks vind is makrielkuite. In kort is dit basies wat die volgende prentjie verduidelik…

Die maaaaaar beentjies... Hie-Ha-Hu!

Die maaaaaar beentjies… Hie-Ha-Hu!

Die volle betekenins is as volg:

Baie maer kuite of soms bene: By die swemkuil het ons seuns hom altyd gespot met sy smal skouertjies en sy makriel-kuite.

Gaan kyk gerus na die oorsprong van die woord hier.

Daarmee bygesê, ek moet drasties weer begin oefen!! Maar sal defnitief nie makrielkuite kan hê nie. Geseënd! Oooh en voor ek verder gaan… kyk maar of julle nie my page op Facebook wil like nie toe? Wat is n ou like nou tussen pjelle?

Watse woord(e) het jou nogals geklap?

Irriterend!!!

Vir my om te weet en vir jou om uit te vind. Ek het daai sê-ding verpes toe ek klein was. Dis so asof die persoon wat dit sê vir jou vra vir n klap. Wat is die hele ding van n geheim hou in elkgeval? En daar is sekere toevalle waat daai sê-ding net glad nie werk nie, of glad nie die desired effect gaan hê nie. Sooooooos byvoorbeeld  Persoon A: “Hey, hoe laat is dit nou?” heel onskuldig. Persoon B kyk sarkasties na horlosie: “Vir my om te weet en”…. WHACK!!! Steel horlosie. Of een wat ek nog altyd wou probeer, “wat eet jy?” “Vir my om te weet. . . hey, jy eet my kos!!!??” en dan sê ek al te sweet, “maar die res van jou sin sou mos wees, vir my om uit te vind”… THIS IS ME FINDING OUT!!! BEECH!!

Vodka

Caramel Vodka is the best…

Of wat van as jy iemand vra of hul iets wil hê om te drink. Inplaas van om te sê “ja dankie het julle koffie/tee/water/VODKA” (watokal jy voor lus is) sê jy net “ja”. NOU moet ek weer vra, “OKAYYYYY, wat wil jy hê?” en dit lei na “Wat het julle?” Dis n semi-useless train of conversation as jy my vra. Sê net straight off the bat,” ek wil _____ hê asseblief.” And everyone is happy! Granted die persoon wat aanbied kan seker ook straight off the bat sê, “Ons het Windpomp sjerrie, vodka, irish koffie, tee, Oros en so n coke pepsi mengsel. Piet het gedink hy kan geld spaar.”

Oh, nog een van my persoonlike non-favourites is “hoeveel aartappels moet ek skil vir die slaai?” en die antwoord is GENIUS!! Waaaaiiit for eeeettt à GENOEG! It’s like you don’t value your life. Daar is n klomp vrae wat kan volg: Het jy mediese fonds? Watse antwoord is GENOEG!? Hoeveel is GENOEG? Sou ek jou gevra het as ek geweet het hoeveel ek moes skil? Wil jy rerig met my sukkel as ek n vegetable peeler in my hand het, hmmm? As ek jou aanhoudend skop soos wat jy op die vloer in jou eie bloed lê, gaan jy dan nog GENOEG kan sê? Dis maar net n paar vrae wat by my opkom.

Hooters

The best PG picture I could find…

Dan kry mens die engelse irriterende sê ding: There and back to see how far it is. Dié is net plain weg stupid/careless. As ek jou vra waantoe ons/iemand/hulle/julle gaan dan is dit nie n opening vir jou om snaaks te probeer wees nie. Gaan comedy hour toe daarvoor. Sê my net “Hulle gaan Hooters toe.” Of “ons gaan net gou n draai by die cop-shop maak om jou suster uit te bail,

Cop-Shop

Need I say more?!?

en dan gaan ons haar by Hillbrow aflaai” Moenie met my sukkel en slim probeer wees nie. Die dokters gaan die slimmes wees wanneer hulle uitfigure hoe om my skoen uit jou ass uit te kry sonder om jou rectum te skeur! (ok daai laaste een is bietjie brutal, just painting a picture).

Doctors

Hmm Dr, it seems to be stuck. What if we just yank it out? #Einamoer

So net vir future reference, as ek jou iets vra… antwoord my net reguit.

Drome… Motivering… Dissipline

Ons almal het drome, aspirations, dinge wat ons graag sal wil wees/doen/bereik. Of dit nou travel is of om jou eie multi-millionere maatskappy te begin (Of in my klein niece se geval – om hare soos

Rapunzel

All that hair… wow

Rapunzel te he) of net om gesonder te lewe en in als n 110% te gee. Elke liewe een van ons droom… of HET gedroom en het so moedeloos met die groot drome geraak dat ons settle vir kleiner drome. Ek val in daai laaste een meer as die ander… MAAAAAAR, die afgelope tyd is dit asof n nuwe ding in my wakker geword het. Dis so asof my gees connect met God se Gees en ek begin agter kom net wat presies die “plans He has to prosper me and to give me a hope and a future” is. Maar nou ja.

Sooo, nou dat ek weer droom, what am I gonna do about it? Gaan ek maar net terug sit en fantasize oor hoe awesome die droom is of gaan ek vinger trek en iets daaraan doen? Dis waar die motivering inkom… VRIENDE mense VRIENDE en FAMILIE. En nie daai platoniese kom-drink-saam-my vriende nie, nee. Die vriende in jou lewe wat jou hart ken, wat al n pad saam jou stap. Maar dan bedoel ek ook nie net die vriende wat vir jou gaan se dat als fine gaan wees nie. Dont get me wrong, daai is nodig, maar eerlikheid is key tot verhouding. Soms het jy nodig om te weet dat jy n fout gemaak het of dat jy nie rerig sooo hot in daardie pers rompie en neon groen crocs lyk nie. (Ek besit nie so n outfit nie, dit was net vir emphasis gebruik, ek besit nie crocs nie en sal nooooit nie). Daardie selfde vriend moet kan weet wanneer die reine waarheid gaan help of die afgewaterde een. Die vriende moet in jou drome kan deel, saam met jou VIR jou kan droom. Saam met jou kan stap deur die hindernisbaan soos jy jou droom nastreef, en soms soos die drill sergeant wees en agter jou staan en skree

Drill Sergeant

Need I say anything??

“you call that a push-up? My grandmother can do it better.” Sulke vriende wat weet wat jy nodig het sonder dat jy dit weet… You know what I mean.

Elkgeval, so ja, ek het nou weer drome en wense. Ek kort net die motivering en natuurlik die dissipline. Alles in die lewe gaan oor dissipline. Op skool is dit die woord wat onderwysers die 2de meeste gebruik. Die meeste was natuurlik detensie en die is soms saam met dissipline gebruik om die punt sterker te maak. Ek dink sonder dissipline dan gaan al die motivering van al jou beste vriende jou niks help nie, en as n resultaat gaan die vriende moeg raak om die heeltyd hout op die vuur van jou droom te gooi en so vrek jou droom, want jyt nie dissipline nie, of want jy voel skuldig want jy het nog niks aan die ontwikkeling van jou droom gedoen nie. Nie almal het dissipline in al dieselfde areas as ander nie. So mens kan nie regtig se dat iemand is meer gedissiplineerd as n ander nie, want hoe weet jy? Dissipline is n moeilike een, dis moeilik en harde werk. Maar dis waar die motivering weer inkom. So my punt regtig is dat “dreams fade in the absence of motivation and discipline and discipline fades in the absence of motivation”.

Ek weet dis n diep onderwerp maar dit moes uit en dis hoekom hy maar kort is, dis maar net ietsie om jou te laat dink… te laat droom.

Koue=slapeloosheid

Jy ken daai gevoel van rusteloosheid wanneer jy dink iets gaan gebeur, jy weet nie wat nie, jy weet nie wanneer nie, maar jy weet dit gaan gat skop. Dan besef jy dat dit 2am is en dis n Maandag oggend en jy moet die volgende dag werk. Dan begin jou kop dwaal oor die werk wat voorle en next thing you know it’s 4am. Lekker 3 ure se slaap vir jou en sandpapier oe vir die dag. Dis nie so pret om rond te rol in die jong ure van die oggend nie en dit net omdat die seisoene op die oomblik in die tienervase is, waar die temperatuur nie heeltemal of hy warm wil wees of depressief wil wees nie. Weet nie wat om met homself te maak nie so hy spring maar rond soos n marjoenet poppie op E. Deur die dag is dit lekker snoesig warm in die son en matig tot koelerig in die geboue, maar wag net dat daai son gaan slaap dan is dit 3 pare kouse 5 truie en n baadjie en 3 komberse met n warm water sak. En as jy dalk, soos ek, die koue probeer brave, dit te probeer wys wie is baas deur kaalvoet rond te loop dan klim die bliksem in jou bed en gooi droe ysblokkies orals EN kry sy goeie vriende verkoue en griep om jou lewe hel te maak. So jy klim in jou yskoue bed met die 2 komberse en 2 duvets op en beweeg jou bene in die hoop dat die wrywing n vuurtjie sal begin. Seker so n uur later begin jy jou tone voel en dan is dit seker 5 minute en jy sweet asof jy in n sonar is.  Ok, om eerlik te wees dit is darm nog nie sooooo koud nie. Key words: NOG NIE! Dis nou eers April. Ek weet ons het elektriese komberse en so aan maar ons het ook loadshedding en poverty, so ons probeer maar om niet te veel onnodige krag te gebruik nie – Let wel probeer!

So kom ons doen die sommetjies. Dit is nog herfs… Winter begin eintlik eers in Junie. Ons gebruik klaar komberse en warm water sakke. Volgende maand is dit die kagel vure en die serpe en stewels en wollerige pantoffels wat ons dra tot die einde van Augustus. Dis VIER MAANDE SE MISERY!! Ek weet nie heeltemal hoe ek daarmee gaan cope nie. Daar is nie genoeg alkohol in die wereld vir so n hartseer saak nie. (Julle weet alkohol brand baie vinnig). Die enigste upside oor winter is die tonne en tonne Milo en Hot Chocolate wat gedrink word. Milo het amper die krag om my te kry om winter te geniet… amper. In die winter is koffie nie meer goed genoeg nie, Milo. Dit is al wat winter die moeite werd maak. Oh en dan van Augustus af begin almal met post-winter depression. You know what Im talking about. Post-winter depression is wanneer duisende skale kreun onder die ekstra gewig wat aangepak was vir die sogenaamde winterslaap (Hibernation vir daai “trotse Afrikaners”). Die ander ding is, nou dat daar ekstra gewig is pas die somer klere nie meer nie so nuwes moet gekoop word. Weet jy as mens daaraan dink is winter n moneymaking scheme. Mense eet meer kos om te kan deal met die koue, elektrisiteits kostes skyrocket. Sommige mense betaal 3keer meer as wat hulle in die somer sou betaal vir elektrisiteit, klere (winter klere is nie goedkoop nie, al daai wolle en pelse en leer en snoesigheid kos geld), die gym gelde om die post-winter vet af te werk, die groter size klere om jou beter te laat voel, die doktors gelde vir die verkoue en griep EN die therapy by n kopdokter, do tell me is I’m missing something here.

Evensueel kom ons weer op ons I-can-deal-with-this gewig en ons dra weer ons klere wat ons voor die winter gedra het… net betyds vir Februarie. Dit los 1 maand om die hitte ten volle te geniet. Ek dink nie dit is regverdig nie. Hoe hou ons dit elke jaar uit? Klaarblyklik is Kaap Stad nie so koud soos Johannesburg nie. Hoe dit moontlik is weet die Here alleen. Dit reen konstant in die winter daar. Miskien is dit presies hoekom dit nie so koud is nie. Die Kaap se winter is orals koud, in die huis, buite orals. Johannesburg is dit warm buite en vriesend binne. Binne jou bed, binne jou kar, binne jou stort, tot binne in jou bene.

Die koue gee klaar vir my slapelose nagte.

Di-Eet vs. Reg Eet

Ons almal ken die grappies oor dieet in Afrikaans… “ja ek is op ‘n dieet, als wat ek sien, dié eet ek” of “ek is op n ligte dieet, as die ligte aangaan eet ek” Engels het ook n paar van hulle… alhoewel ek net een ken daai sea food dieet een… Ek is seker jy kan hom vir jouself uitwerk. Sea food – See food. You get it!! Maar wat is die fuss oor dieet in elkgeval. Girls, julle lieg vir my as jy sê dat jy nog nooit op die “ek moet gewig verloor” stasie was nie. We’ve all been there and the train left without us… Oooh en hoe kan ons vergeet van daai EEN vrou wat ALS oor reg eet en die regte diëte weet. “Ja, ek was op dié en daai dieet en al wat jy moet doen is lewe op peanuts en chamomile tee” Meanwhile, is jy allergies vir peanuts en dan beland jy in die hospitaal, waar mens ook gewig verloor, want hospitaal kos is erger as vliegtuig kos. So dan wen jy ook… verloor meen ek.

Persoonlik glo ek nie in dieet nie, proteien dieet, koolhidrate dieet, tjoklit dieet of watokal. Ek het by die beste biologie juffrou in die land (MY opinie natuurlik) geleer dat jou liggaam gemaak is om bietjie van als te kry. Ensieme en sulke funky naam goete is in jou lyf gesit vir die kos wat die Here Jesus vir ons op aarde gesit het om te eet en, boonop dit, komplimenteer sekere voedsel groepe ander voedsel groepe en sekere kosse help met die vertering van ander kosse. My skoonsuster se pa is ‘n gesondheids fanatic en hy het vir haar online magazine Anybrand Magazine ‘n berig geskryf oor die verskillende kosse en hul verskillende doele in die liggaam, jy kan dit self gaan lees op die link.

Wat ek wel in glo is reg eet, jou liggaams tipe ken, weet wat jy kort en wat jy obviously te veel van het… girls, daai laaste 10 blokkies tjoklit is GLAD nie nodig nie en ouens daardie 5 hande vol lekker vetterige biltong is wel ja… over the top (Ek praat natuurlik met myself ook). Gaan na ‘n dieet kundige toe wat toetse op jou bloed doen en jou BMI uitwerk en al daai fancy goedjies doen om uit te werk presies waste kombinasie kosse en in waste hoeveelheid en hoeveel keer n dag jy moet eet. Maar ernstig nou, wie het die geld (om en by R2 000) om gou-gou gou-gou ‘n dieet kundige te BETAAL om vir my te se wat ek moet eet as daar soveel ander goeie betroubare sources of information is. Boeke, die internet, programme op TV… BLOGS… Yes, I went there. AS jy daardie geld het, hier is ‘n goeie plek The Fat Loss Laboratory (My dad het sowat 25kg in 2 maande daarop verloor, en ek het sowat 7kg in 3 weke verloor – wat ek toe weer gevind het)

Alhoewel ek dink, die eerste logiese stap sal wees om net baie water te drink en vitamien aanvullings… ‘n goeie tip wat ek iewers raak gelees het is dat jy jou vitamienes met ‘n groot lang glas water af sluk in die oggend… dan is jou eerste ‘dose’ water al af. Ja mense, ek weet dat water nie so lekker soos koffie is nie, maar koffie is deel van die probleem. Ek het n self-made teorie dat hoe meer koffie (of enige intense suikerige goed) mens drink of eet hoe meer “fake” energie kry mens. Fake meaning outside, my liggaam het nie die baie ekstra vette en dinge wat ek het gebruik om energie te verskaf nie, hoekom moet hy as ek sooooooveeeellllll artificial energie inkry? So in my teorie is dit hoekom mens soveel vinniger moeg raak, want jou liggaam maak nie meer sy eie energie nie. So wat ek dan soms doen is ek begin tee drink (rooibos… vir al daai mense wat nou se “tee het ook kaffeiene”). Een woord – DETOX!!!!!!!!! Ek kan soveel meer hieroor se, maar ek wil nie myself sleg laat voel nie.

Die tweede logiese stap vir my sal wees om oefening te doen. Hier preek ek regtig vir myself, want as daar nou een persoon is wat SUKKEL met oefen is dit ek. Ek kan nie die GYM scene doen nie… waar jy met oorfone in jou ore op n treadmill hardloop vir weet nie hoe lank nie en al wat jy sien is madam voor jou se butt crack soos sy die fiets trap. Vir my is ‘n gym net ‘n plek waar meeste mense gaan om oor hul buff-ness te brag. (I tell myself that to make myself feel better about not doing ANY exercise at all). Ek verkies dit om sport te speel soos action netball of action cricket of action movies… oh nee wag… dit tel nie. Ek hou van interactive goed, soos ‘n span sport waar as ek nie opdaag nie dan benadeel ek nie net myself nie, maar ook die span, so dit is my tipe motivering. Bottom line… Oefening = Belangrik. (Ahem, Liezel)

En dan my logiese stap nommer drie dink ek sal wees net die eenvoudige frase: “Everything in moderation” Komplimente van skoonsus. Die is nou ook in ge’link’ met die 2de paragraaf oor die voedselgroepe en so aan maar ek dink regtig dat dit die hele issue vyfkantig op die kop slaan. Ons is altyd geneig om n ding heeltemal uit perporsie te vat en dan so ons self te benadeel.

“Everything in moderation”.

Die eintlike ding is dat ons dissipline moet hê, sonder dissipline gaan niks gebeur nie. . . (ek gaan nou push-ups doen)

Wonder-Mobile

Wonder Mobile (Noun) Pronounced (Honda Ballade 1.5 Luxline)

Ok, so hoekom sal ek nou eintlik my kar die Wonder Mobile noem? Goeie vraag actually… wel kom ons breek dit op in n paar dele, ek dink dit sal gepas wees want die skedonk van my is so-te-se opgebreek in ‘n paar dele.

  • In die tjor se infancy het hy seker 90km op sy reserwe tank gery, now I dont care what you say, but that is amazing. Om die waarheid te se, dink ek dis die gebed wat die kar so laat “go” het.  (die is seker die enigste goeie punt in die hele stuk –that’s what she said)
  • Na n kleine oopsie en baie maande se afbetaal vir die ou oopsie het hy begin probleme gee… Ooh en die probleme was nie ‘n paar klein dingetjies nie. Nee nee, ry te veel deur water en die kar besluit om net sommer te gaan staan. Just for the funsies of it, hey miskien woon daar n familie van Mogwais (ek is seker jy ken vir Gizmo) onder die engin. “Nee, een van die fuses het nat geword”, se mnr Mechanic. Ok nee dis fine. Kry ‘n nuwe fuse.
  • Dan loop die Wonder Mobile soos n droom vir n paar maande tot hy een dag besluit, reg buite een van South Africa’s finest se stasies, dat hy nou nie wil start nie. Ok, ok, nou dink ek, dis soos n man, jy moet mooi vat en mooi praat en smeek voor hy werk. So I did… Obviously he didn’t love me, want hy wou nie eens vir my n geluid maak nie. “Nee, die starter motor het seer gekry”, se mnr Mechanic. Die kom haal hom, maak hom reg, bring hom terug na my toe. Woep-wap-skiet-pap werk hy weer.
  • Maar toe, terwyl ek ry, nie in traffic nie en ook nie naby aan enigiets wat ek kon stamp of so iets nie, val een van sy indicator light covers uit. Nou vra ek jou, WAT DOEN MENS NOU?
  • Ag, nie eers n week later nie sit ek en hy weer vas. He did some things, I said some things which I wouldn’t discuss here… well not on the first date. “Nee, een van die starter motor se wires het los gekom”, se mnr Mechanic. Mnr Mechanic vat vir Mobile vir anger management en kry sy drade reg, ons was uit mekaar vir amper n week. Dit was nodig, ons was baie liewer vir mekaar daarna.
  • Tot hy rerig lelik begin raak het, hy sal sommer net overheat vir die kleinste trippies. Die het gelei na n hele paar besoeke aan mnr Mechanic wat vir hom ‘n nuwe knoppie dingetjie ingesit het wat die signal reg oordra aan die fan om te werk, en so die water wat deur die engin gaan af te koel (Ja, ek praat nou ook mechanic, ek het gelukkig nie die mullet of die mustache nie), toe is dit n nuwe “lid” vir die water tank ding, ai en om te dink die was goedkoop… nee nee nee. Mnr Mechanic is nie goedkoop nie.
  • Toe lyk dinge asof dit nou reg reg is, vir n paar maande was dit sunshine en brake fluid, and then it all started again. Begin hy net weer so vinnig warm word vir niks nie. Dit kom toe uit dat hy n gaatjie in een van sy pype het, ek vermoed hy het op my verneuk maar ek het nie harde bewyse nie…. NOG nie. ‘n Nice petrol outjie het dit toe sommer vir my reg gemaak, het te werk gegaan met n tang en n chef’s knife (het dinge gedoen wat ek sou love om te doen aan die blerrie kar!!) Girls, ek se julle, dis slim om met n tang en n mes in die kar rond te ry. Veral as jou kar vantevore aan n rep (of dalk die duiwel) behoort het.
  • Nou nie eens n maand later nie begin hy weer met sy kak, miskien is dit omdat hy weet dat oor 3 maande is ek en hy verby. Ek soek al klaar n nuwer model… (kyk as dit maar so maklik met mans was). Upon inspection, after one of his tantrums, waar die temperature gage weer in die rooi rondgedans het, vind ek n 3cm gat in n totale ander water pyp. Nou die gat is slap-bang in die middel van die pyp so ek kan nie self surgery op die ding uitvoer nie, en die water piepie soos n resies perd daaruit… so nou WONDER ek wat gaan volgende fout gaan met my WONDER mobile???

Dis waar die naam vandaan kom…