Dis ek, Anna: Film Review

As jy ‘n Suid-Afrikaner is en naby of in groot stede bly en jouself binne ‘n inkopiesentrum bevind dan het jy seker al gesien dat die film, Dis ek, Anna, het gister, 15 Oktober, premier, dit is offisieël eers uit op die 23ste Oktober. Dit is ‘n film gebasseer op die verhale in die boeke, Dis ek, Anna en Die Staat teen Anna Bruwer, geskryf deur Anchien Troskie (onder die skuilnaam Elbie Lotter). Ek het nie die boeke gelees nie, maar my beste vriendin het wel, en toe ons sien die film kom uit moes ons dit gaan kyk.

Ek is ‘n trotse Afrikaans sprekende mens, en om films in Afrikaans te sien maak my hart baie bly. Veral as dit so ‘n treffende film is. Daar is ‘n waarskuwing dat dit sensitiewe kykers kan ontstel. Ek is nie ‘n sensitiewe kyker nie en ek was ontsteld. Vriendin het langs my gesit en huil, hier en daar het ek ook ‘n traan laat rol. Die skok het my trane terug gehou, ek was baie keer stom geslaan, tot in my binneste geskok. Vriendin het geweet wat kom, sy het geweet hoe om haarself te “brace” en het seker ook die seer vroër as die res van ons gevoel.

Hoekom, vra jy? Wat is so erg aan die film? Verkragting!!! Dis wat erg is! Ek dink dit is outomaties erger vir vroue as wat dit dalk vir mans kan wees. Ek gaan prober om nie te veel spoilers te gee nie, alhoewel ek kon die hele storie vir jou vertel en dit sal die film en die werklike storie steeds nie ten volle uit beeld nie. My Afrikaanse vermoë is in elkgeval nie van so aard nie. Basies, gaan dit oor ‘n vrou wat haar stiefpa dood skiet omdat hy haar van die ouderdom van 12 af verkrag… 2 – 3 keer ‘n week, en haar ma het daarvan geweet. Dit is die storie in sy rouste vorm, daars BAIE meer vleis aan die been, maar soos ek sê, ek wil dit nie spoil nie.

Kom ons doen gou ‘n vinnige sommetjie… daar is 52 weke in ‘n jaar, d.w.s Anna is minstens 104 keer ‘n jaar verkrag, in ‘n tydperk wat sy nog moes Barbie speel. Deur iemand wat ‘n beskermende figuur in haar lewe moes wees en haar ma het niks gedoen nie. Hoeveel dogters, vroue, sit in soortgelyke situasies? Hulpeloos, te skaam om iets vir iemand te sê? Te bang vir wat kan gebeur as die waarheid uitkom? Te bang dat dit op ‘n manier hul eie skuld is? Hoeveel vrouens sit nou nog met daardie nagmerie, jare nadat dit opgehou het, met die geheim van wat met hulle gebeur het? Die hartseer ding is, dit gebeur nie NET met meisies nie, dit gebeur met seuns ook. Dan is daar nog die feit dat mense dink kinders het die vermoë om iets van seks uit te dink en mense falslik te beskuldig daaraan. Op die ouderdom van 12, of in baie gevalle baie jongeras 12, weet kinders nie rêrig wat seks is nie, so hoe kan hulle stories daarvan opmaak? ‘n Aanhaling uit die film “Hoe verbeel jy jouself iets as jy nog nooit vantevore van dit gehoor het nie?”.

Volwasse Anna is gespeel deur Charlene Brouwer, jinne die vrou is goed. Oh my donner! Ongelooflik!!! Ek het nie die gevleuelde woorde wat nodig is om die vrou se toneelspelvermoë uit te blink nie, gaan kyk die film en sien vir jouself.

Dis ek, Anna

Charlene Bouwer: Pragtig en baie talentvol!

Jong Anna is deur 17 jarige Izel Bezuidenhout vertolk. Sy het die rol van die jong Anna wat deur die stiefpa verkrag word briljant gespeel. Mens moet sekerlik baie emosioneel sterk wees om so ‘n rol te speel. Ek dink dit help dat haar pa ‘n dominee was. Met God is enigiets moontlik.

Dis ek, Anna.

Izel Bezuidenhout: nog so jonk, en so baie bereik al!

Ek haal my hoed af vir Morné Visser wat die stiefpa speel, en Nicola Hanekom wat die ma speel. Dit is ‘n baie groot taak om so iemand so goed uit te beeld, ek kan net dink dat dit ‘n ware emosionele filmstel was. Ek is nie ‘n aktrise nie, dalk eendag, maar ek weet nie hoe diep mens in jou diepste nagmeries moet duik vir die regte persona, om so ‘n rol suksesvol te speel nie.

Dis ek, Anna.

Morné Visser: Anna se stiefpa

Dis ek, Anna.

Nicola Hanekom: Anna se ma.

Om mee af te sluit, as jy of iemand wat jy ken in ‘n situasie is waar seksuele gemollesteering plaas vind moedig ek jou aan om navore te kom. Al het dit jare terug gebeur, jy kan die lewe van ander meisies red deur die kwaddoeners se dade aan die lig te bring. Dit is nie jou skuld nie en dit is nie reg nie. Hier is ‘n nommer wat jy kan kontak: 08 000 55 555 of gaan na Childline se webtuiste: http://www.childlinesa.org.za.

Gaan ondersteun die Sit Jou Voet Neer blad op Facebook. Saam kan ons ‘n verskil maak.

Dis ek, Anna. Sit jou voet neer

Sit jou voet neer teen seksuele geweld!!

6 thoughts on “Dis ek, Anna: Film Review

Speak to me!!!!