Winter:  Jou koudhartige tert!

Daar was lanklaas n ou Afrikaanse nommertjie, dit is nou tyd. Ek vermy maar meestal die Afrikaans skrywery, want waar ander mense met gevleuelde woorde n prentjie kan verf dat die soos n helder sommersdag klink, is my Afrikaans nie so hoog of gevleueld nie. My Afrikaanse kennis en taalgebruik is boonop nou besmet met die Ingels dat ek baie van die vlot hoogs Afrikaans net sal beledig. Maar, hier gat ons… maak jou reg vir n poespas. (Kommaan, jy kan nie vir my sê dat jy nie ietwat van n gag-reflex het elke keer wat n ou tannie vir jou sê “jou hare lyk soos n poespas” nie, daai word gly so maklik van die tong af soos wat n ys-skaats op teer gly.) Anyway…

Winter… As n Suid-Afrikaner voel ek dat ons hier onder nie altyd reg voorberei vir nie totaal-en-alle slagting van drome, vreugde en hoop wat gebeur gedurende die donker maande van winter. Ja ja, ek weet, Johannesburg se winter is niks teen die Kaap se reën en Kokstad se sneeu nie. Maar in ieder geval is die winter in Johannesburg steeds n koud-hartige tert.

Op daardie jolige noot deel ek my redes hoekom ek winter haat met jou, daars n paar so ek hoop jyt n bersie, en n ietsie warms te drinke, cos you might be here a while.

  1. Die obvious een… Koue! Dit is blerrie koud. Is daar meer te sê rondom die punt? Behalwe om natuurlik die wetenskap agter die verskynsel van winter te verduidelik, maar as jy oud genoeg is om dié blog te lees, dan weet jy seker hoe die seisoene werk. Indien nie, kan ek vir jou my laerskool wetenskap juffrou se nommer gee.
  2. Wat het n winter in Johannesburg, die Sahara woestyn en my sin vir humor in gemeen? DIS DROOG. Als is droog, lug, gras, bome, vel, lippe… als behalwe die wasgoed (wat jy eergister uitgehang het) is droog. Gesaamentlik met die droogte is daar nog n spesiale wetenskaplike verskynsel – statiese elektrisiteit. Nou dit, en lang sagte (finominale, asemrowende) en reguit hare, gaan nie goed saam nie. Ooit n wollerige ietsie oor jou kop getrek in die middle van winter? Ja, ek wag nog vir die oomblik wat ek kan lostrek met die Oog van die Tier – as die Afrikaanse Tina Draaier.
    Ons kan almal net eenvoudig nie die beste wees nie... (come on that was good)

    Ons kan almal net eenvoudig nie die beste wees nie… (come on that was good)

    Elke winter dink ek dit is my tyd… elke winter is ek teleurgesteld.

  3. Volgende vraag: Wat het Shrek, uie, koek en Johannesburgers in die winter in gemeen? Lae! LAYERS!

    Dink Michelin Oros mannetjie. As dit jou nie laat ongemaklik voel net om te dink aan die aantal lae nie, dan kan ons nie vriende wees nie. Dis ski-pants en jeans en boots met 2 pare wollerige sokkies. ‘n Wessie (wie dra nog daais?) en 3 ander langmou hemde wat na n ruk jou bloed sirkulasie afsny want hulle is nie gemaak of gekoop om so te layer nie en n trui EN dan 2 baadjies, n serp en handskoene. En dit is sodat jy BINNE n vertrek kan sit en vries. Suid_Afrika is nou ongelukkig nie so ver gevorder as om n gebou uit te rus vir die hel wat winter is nie. Het jy al probeer jou bra strap wat so stadig maar seker by jou skouer af donner probeer optrek onder al daardie lae? Mens het n versameling argeologiese toerusting nodig om dit reg te kry. Toilet toe gaan is n uur lange ekspedisie, by die tyd dat jy als afgetrek het is jy so uit asem dat jy bly sit, lank nadat jou blaas leeg getap is van al die koffie wat jy drink om jou siel op te warm.
  4. Slaap tyd… sedert ons as volwassenes probeer die lewe en al sy dinge aanvat, is slaap tyd vir ons soos om die Lotto te wen. Maar in winter is dit soos die oefening wat jy so drasties nodig het, maar nie doen nie want dis te effen koud om te funksioneer as enigiets. Want soos jou klere, is jou bed net so vol lae. Daars n laken, dan n kombers, dan nog n kombers, jou vere duvet (as jy jouself onder die gelukkiges kan tel) en dan nog n kombers. Nadat jy daai hele storie ge”deadlift” het net om in te klim, moet jy nou gemaklik raak, en soos jy skarrel en rol, koek die komberse om jou en kleef aan jou vas tot jy nie meer kan beweeg nie.
  5. Dis donker… Ek is n sonskyn kind. Ek het so veel as moontlik sonskyn so lank as moontlik nodig. Nou vat jy minstens 3 ure se lekker son weg en vervang dit met koue. Dis nie vir my n wen-wen ooreenkoms nie.
  6. Sonder al die Michelin mannetjie lae, lyk mens in elkgeval soos n Michelin man want, wat is daar om te doen as jy koud kry? Eet!!! En wie de moer gaan n slaai sit en eet in die koue? En wie wil in die koue staan en kook? Nee KFC en pizza, onder n kombers of 10 met Friends wat vir die hoeveelste keer speel, is presies wat ons in die winter doen. Ek sê jou, die liewe Here moes die mens ook n hibernerende dier gemaak het.
  7. Daai paar sekondes wat dit vat vir jou brein om agter te kom dat die bad/stort water nie te warm is nie, jou lyf is net te koud. Daai steek pyn! Loads of pain! Oh en dan die vries nadat jy uit die bad of stort uit klim. Jy kan nie vining genoeg afdroog en aantrek nie want dis soos liquid nitrogen, jy vries amper onmiddelik…
  8. Het ek KOUD genoem? Ek is seker ek het. Hier is dit weer… dis koud. Jou hande is koud, voete is koud, ore, neus, tot jou oë is koud. Nou sê my gou, hoe de donner moet mens vriendelik wees onder sulke omstandighede?
  9. Mense wat hou van die koue! Daars niks meer om te sê as, ek bid vir julle!! Daai mense wat in die somer sê “ek kan nie wag vir winter nie”. Dis julle skuld! Dis als julle skuld dat ons so moet suffer in die winter sodat jy kan cuddle en gemaklik-ongemaklik sit en hot chocolate in jou wol jas drink. Vir jou sal ek tackle, wanneer my bene ontdooi en ek seker is dat hulle nie semier sal breek op impak nie.

As jy in een van die noordelike lande waar die son en aarde n lang afstand verhouding het bly, dan is ek jammer.  Ek voel so bietjie van jou pyn… Maar jy kies om daar te bly, EN julle het dié,

Northern Lights... Dis amazing!

Northern Lights… Dis amazing!

so my simpatie is so diep soos n modderige poeletjie op n sonskyn dag.

Advertisements

13 thoughts on “Winter:  Jou koudhartige tert!

  1. Ek sê al jare lank daai ding oor hibernasie, dit maak soveel meer sin. Dink aan al die lekker snoesige slaap wat ‘n mens kan inkry! Gelukkig is ons Perth winters darem nie so ysig soos die Laeveld nie, maar ons bibber steeds sommige dae. Dankie vir die inloer op my blog.

    Like

    • Ja soos ek sê, ons winters is nou wel nie so koud soos die noorde nie maar, ek is n pansy as dit by winter kom. Kry nie gou koud nie maar as ek eers koud kry dan vat dit lank om warm te kry. Bose kringloop.

      Plesier, en dankie terug na jou toe. Het jou berig in die Sarie gelees en toe heeltemal vergeet om te comment. Klink asof julle lekker daar bly :D.

      Liked by 1 person

      • Ja die grys en koud van winter kry my ook maar onder na ‘n tydjie. Ek sal nie in die Noordelike Halfrond oorleef nie.
        Ons bly lekker hier, dankie. Dis ‘n maklike plek om in aan te pas, die lewe het relatief min stres en soveel vryheid.

        Like

  2. Wat ek die meeste haat van die hoëveldwinters,is die grasbrande.Soms is daar bolle rook in die lug en val daar sulke swartgebrande stukke roet op alles.Dit tas my bors aan en ek kry dan vreeslike sinus.Ons kan darem meeste van die tyd ons lywe in die son warm maak.

    Like

  3. Ek kan net vra dat jy meer in Afrikaans skryf. Dis asof jy hier sit en gesels en ‘n bier saam my drink; ‘n poespas van humor en kleurryke beeldspraak wat ek baie geniet het. Op Afrikaans.

    Like

    • Die was nou die beste kommentaar ooit. As daar n reward was vir die beste kommentaar het jy dit gekry. Ek sal my bes probeer om meer in Afrikaans te skryf. Defnitief op Afrikaans 🙂

      Like

Speak to me!!!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s