Gaan jy?!

Disclaimer: ek het nie op my kop geval ne, ek het nie eweskielik in n diep see van gedagte geval nie. Ek het net dinge wat moet uit, you know! Gedagtes en shit! Daar is die moontlikheid dat daar seer saam die gedagtes is maar meh.

kikker dit bietjie op!

kikker dit bietjie op!

Gaan jy nog omgee wanneer iets beters oor jou pad val?

Wanneer jou belange na ander dinge trek, sal jy die ou dinge onthou?

Op n skemers aand in die stilte van n romantiese toneel, met lig wat oor nakende sweeterige skouers val, sal jy dié traan bedekde skouer onthou?

Sal jy die gebede onthou wanneer die skatkus oorvloei?

Sal jy die nood(t) onhou wanneer die lied weer speel?

Onthou jy die ander, al is dit al wat jy sien?

Wanneer jy uit die gat is, onthou jy dié wat gehelp het?

Gaan jy nog saam speel al word jy te oud?

Gaan jy nog omkyk al stap jy aan?

Gaan jy nog liefhê al is jy seer?

Onthou jy die klein dinge wanneer die groot dinge op jou trap?

Sien jy die mooi agter die vaal raak?

Sien jy die gebroke en gemors agter die grimeer?

Sal jy die maer onthou wanneer die vet oorneem?

Sal jy die gevaar in die veilig onthou?

Sal jy onthou waar jy was wanneer jy kom waar jy wil wees?

Gaan jy terug dink of terug kom?

Dink jy verby môre?

Dink jy terug na gister?

Verlang jy na dié dinge wat kon?

Terwyl jy in die donker is, dink jy aan die son?

Advertisements

2 thoughts on “Gaan jy?!

  1. A wonderful post. Yes, all of these questions are though provoking, but my favorite is Will you remember where you were when you get where you want to be ? I think that it’s always important to remember where we’ve come from and never lose that perspective.

    Liked by 1 person

Speak to me!!!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s