Drome… Motivering… Dissipline

Ons almal het drome, aspirations, dinge wat ons graag sal wil wees/doen/bereik. Of dit nou travel is of om jou eie multi-millionere maatskappy te begin (Of in my klein niece se geval – om hare soos

Rapunzel

All that hair… wow

Rapunzel te he) of net om gesonder te lewe en in als n 110% te gee. Elke liewe een van ons droom… of HET gedroom en het so moedeloos met die groot drome geraak dat ons settle vir kleiner drome. Ek val in daai laaste een meer as die ander… MAAAAAAR, die afgelope tyd is dit asof n nuwe ding in my wakker geword het. Dis so asof my gees connect met God se Gees en ek begin agter kom net wat presies die “plans He has to prosper me and to give me a hope and a future” is. Maar nou ja.

Sooo, nou dat ek weer droom, what am I gonna do about it? Gaan ek maar net terug sit en fantasize oor hoe awesome die droom is of gaan ek vinger trek en iets daaraan doen? Dis waar die motivering inkom… VRIENDE mense VRIENDE en FAMILIE. En nie daai platoniese kom-drink-saam-my vriende nie, nee. Die vriende in jou lewe wat jou hart ken, wat al n pad saam jou stap. Maar dan bedoel ek ook nie net die vriende wat vir jou gaan se dat als fine gaan wees nie. Dont get me wrong, daai is nodig, maar eerlikheid is key tot verhouding. Soms het jy nodig om te weet dat jy n fout gemaak het of dat jy nie rerig sooo hot in daardie pers rompie en neon groen crocs lyk nie. (Ek besit nie so n outfit nie, dit was net vir emphasis gebruik, ek besit nie crocs nie en sal nooooit nie). Daardie selfde vriend moet kan weet wanneer die reine waarheid gaan help of die afgewaterde een. Die vriende moet in jou drome kan deel, saam met jou VIR jou kan droom. Saam met jou kan stap deur die hindernisbaan soos jy jou droom nastreef, en soms soos die drill sergeant wees en agter jou staan en skree

Drill Sergeant

Need I say anything??

“you call that a push-up? My grandmother can do it better.” Sulke vriende wat weet wat jy nodig het sonder dat jy dit weet… You know what I mean.

Elkgeval, so ja, ek het nou weer drome en wense. Ek kort net die motivering en natuurlik die dissipline. Alles in die lewe gaan oor dissipline. Op skool is dit die woord wat onderwysers die 2de meeste gebruik. Die meeste was natuurlik detensie en die is soms saam met dissipline gebruik om die punt sterker te maak. Ek dink sonder dissipline dan gaan al die motivering van al jou beste vriende jou niks help nie, en as n resultaat gaan die vriende moeg raak om die heeltyd hout op die vuur van jou droom te gooi en so vrek jou droom, want jyt nie dissipline nie, of want jy voel skuldig want jy het nog niks aan die ontwikkeling van jou droom gedoen nie. Nie almal het dissipline in al dieselfde areas as ander nie. So mens kan nie regtig se dat iemand is meer gedissiplineerd as n ander nie, want hoe weet jy? Dissipline is n moeilike een, dis moeilik en harde werk. Maar dis waar die motivering weer inkom. So my punt regtig is dat “dreams fade in the absence of motivation and discipline and discipline fades in the absence of motivation”.

Ek weet dis n diep onderwerp maar dit moes uit en dis hoekom hy maar kort is, dis maar net ietsie om jou te laat dink… te laat droom.

Advertisements

Speak to me!!!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s