Koue=slapeloosheid

Jy ken daai gevoel van rusteloosheid wanneer jy dink iets gaan gebeur, jy weet nie wat nie, jy weet nie wanneer nie, maar jy weet dit gaan gat skop. Dan besef jy dat dit 2am is en dis n Maandag oggend en jy moet die volgende dag werk. Dan begin jou kop dwaal oor die werk wat voorle en next thing you know it’s 4am. Lekker 3 ure se slaap vir jou en sandpapier oe vir die dag. Dis nie so pret om rond te rol in die jong ure van die oggend nie en dit net omdat die seisoene op die oomblik in die tienervase is, waar die temperatuur nie heeltemal of hy warm wil wees of depressief wil wees nie. Weet nie wat om met homself te maak nie so hy spring maar rond soos n marjoenet poppie op E. Deur die dag is dit lekker snoesig warm in die son en matig tot koelerig in die geboue, maar wag net dat daai son gaan slaap dan is dit 3 pare kouse 5 truie en n baadjie en 3 komberse met n warm water sak. En as jy dalk, soos ek, die koue probeer brave, dit te probeer wys wie is baas deur kaalvoet rond te loop dan klim die bliksem in jou bed en gooi droe ysblokkies orals EN kry sy goeie vriende verkoue en griep om jou lewe hel te maak. So jy klim in jou yskoue bed met die 2 komberse en 2 duvets op en beweeg jou bene in die hoop dat die wrywing n vuurtjie sal begin. Seker so n uur later begin jy jou tone voel en dan is dit seker 5 minute en jy sweet asof jy in n sonar is.  Ok, om eerlik te wees dit is darm nog nie sooooo koud nie. Key words: NOG NIE! Dis nou eers April. Ek weet ons het elektriese komberse en so aan maar ons het ook loadshedding en poverty, so ons probeer maar om niet te veel onnodige krag te gebruik nie – Let wel probeer!

So kom ons doen die sommetjies. Dit is nog herfs… Winter begin eintlik eers in Junie. Ons gebruik klaar komberse en warm water sakke. Volgende maand is dit die kagel vure en die serpe en stewels en wollerige pantoffels wat ons dra tot die einde van Augustus. Dis VIER MAANDE SE MISERY!! Ek weet nie heeltemal hoe ek daarmee gaan cope nie. Daar is nie genoeg alkohol in die wereld vir so n hartseer saak nie. (Julle weet alkohol brand baie vinnig). Die enigste upside oor winter is die tonne en tonne Milo en Hot Chocolate wat gedrink word. Milo het amper die krag om my te kry om winter te geniet… amper. In die winter is koffie nie meer goed genoeg nie, Milo. Dit is al wat winter die moeite werd maak. Oh en dan van Augustus af begin almal met post-winter depression. You know what Im talking about. Post-winter depression is wanneer duisende skale kreun onder die ekstra gewig wat aangepak was vir die sogenaamde winterslaap (Hibernation vir daai “trotse Afrikaners”). Die ander ding is, nou dat daar ekstra gewig is pas die somer klere nie meer nie so nuwes moet gekoop word. Weet jy as mens daaraan dink is winter n moneymaking scheme. Mense eet meer kos om te kan deal met die koue, elektrisiteits kostes skyrocket. Sommige mense betaal 3keer meer as wat hulle in die somer sou betaal vir elektrisiteit, klere (winter klere is nie goedkoop nie, al daai wolle en pelse en leer en snoesigheid kos geld), die gym gelde om die post-winter vet af te werk, die groter size klere om jou beter te laat voel, die doktors gelde vir die verkoue en griep EN die therapy by n kopdokter, do tell me is I’m missing something here.

Evensueel kom ons weer op ons I-can-deal-with-this gewig en ons dra weer ons klere wat ons voor die winter gedra het… net betyds vir Februarie. Dit los 1 maand om die hitte ten volle te geniet. Ek dink nie dit is regverdig nie. Hoe hou ons dit elke jaar uit? Klaarblyklik is Kaap Stad nie so koud soos Johannesburg nie. Hoe dit moontlik is weet die Here alleen. Dit reen konstant in die winter daar. Miskien is dit presies hoekom dit nie so koud is nie. Die Kaap se winter is orals koud, in die huis, buite orals. Johannesburg is dit warm buite en vriesend binne. Binne jou bed, binne jou kar, binne jou stort, tot binne in jou bene.

Die koue gee klaar vir my slapelose nagte.

Advertisements

Speak to me!!!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s