Di-Eet vs. Reg Eet

Ons almal ken die grappies oor dieet in Afrikaans… “ja ek is op ‘n dieet, als wat ek sien, dié eet ek” of “ek is op n ligte dieet, as die ligte aangaan eet ek” Engels het ook n paar van hulle… alhoewel ek net een ken daai sea food dieet een… Ek is seker jy kan hom vir jouself uitwerk. Sea food – See food. You get it!! Maar wat is die fuss oor dieet in elkgeval. Girls, julle lieg vir my as jy sê dat jy nog nooit op die “ek moet gewig verloor” stasie was nie. We’ve all been there and the train left without us… Oooh en hoe kan ons vergeet van daai EEN vrou wat ALS oor reg eet en die regte diëte weet. “Ja, ek was op dié en daai dieet en al wat jy moet doen is lewe op peanuts en chamomile tee” Meanwhile, is jy allergies vir peanuts en dan beland jy in die hospitaal, waar mens ook gewig verloor, want hospitaal kos is erger as vliegtuig kos. So dan wen jy ook… verloor meen ek.

Persoonlik glo ek nie in dieet nie, proteien dieet, koolhidrate dieet, tjoklit dieet of watokal. Ek het by die beste biologie juffrou in die land (MY opinie natuurlik) geleer dat jou liggaam gemaak is om bietjie van als te kry. Ensieme en sulke funky naam goete is in jou lyf gesit vir die kos wat die Here Jesus vir ons op aarde gesit het om te eet en, boonop dit, komplimenteer sekere voedsel groepe ander voedsel groepe en sekere kosse help met die vertering van ander kosse. My skoonsuster se pa is ‘n gesondheids fanatic en hy het vir haar online magazine Anybrand Magazine ‘n berig geskryf oor die verskillende kosse en hul verskillende doele in die liggaam, jy kan dit self gaan lees op die link.

Wat ek wel in glo is reg eet, jou liggaams tipe ken, weet wat jy kort en wat jy obviously te veel van het… girls, daai laaste 10 blokkies tjoklit is GLAD nie nodig nie en ouens daardie 5 hande vol lekker vetterige biltong is wel ja… over the top (Ek praat natuurlik met myself ook). Gaan na ‘n dieet kundige toe wat toetse op jou bloed doen en jou BMI uitwerk en al daai fancy goedjies doen om uit te werk presies waste kombinasie kosse en in waste hoeveelheid en hoeveel keer n dag jy moet eet. Maar ernstig nou, wie het die geld (om en by R2 000) om gou-gou gou-gou ‘n dieet kundige te BETAAL om vir my te se wat ek moet eet as daar soveel ander goeie betroubare sources of information is. Boeke, die internet, programme op TV… BLOGS… Yes, I went there. AS jy daardie geld het, hier is ‘n goeie plek The Fat Loss Laboratory (My dad het sowat 25kg in 2 maande daarop verloor, en ek het sowat 7kg in 3 weke verloor – wat ek toe weer gevind het)

Alhoewel ek dink, die eerste logiese stap sal wees om net baie water te drink en vitamien aanvullings… ‘n goeie tip wat ek iewers raak gelees het is dat jy jou vitamienes met ‘n groot lang glas water af sluk in die oggend… dan is jou eerste ‘dose’ water al af. Ja mense, ek weet dat water nie so lekker soos koffie is nie, maar koffie is deel van die probleem. Ek het n self-made teorie dat hoe meer koffie (of enige intense suikerige goed) mens drink of eet hoe meer “fake” energie kry mens. Fake meaning outside, my liggaam het nie die baie ekstra vette en dinge wat ek het gebruik om energie te verskaf nie, hoekom moet hy as ek sooooooveeeellllll artificial energie inkry? So in my teorie is dit hoekom mens soveel vinniger moeg raak, want jou liggaam maak nie meer sy eie energie nie. So wat ek dan soms doen is ek begin tee drink (rooibos… vir al daai mense wat nou se “tee het ook kaffeiene”). Een woord – DETOX!!!!!!!!! Ek kan soveel meer hieroor se, maar ek wil nie myself sleg laat voel nie.

Die tweede logiese stap vir my sal wees om oefening te doen. Hier preek ek regtig vir myself, want as daar nou een persoon is wat SUKKEL met oefen is dit ek. Ek kan nie die GYM scene doen nie… waar jy met oorfone in jou ore op n treadmill hardloop vir weet nie hoe lank nie en al wat jy sien is madam voor jou se butt crack soos sy die fiets trap. Vir my is ‘n gym net ‘n plek waar meeste mense gaan om oor hul buff-ness te brag. (I tell myself that to make myself feel better about not doing ANY exercise at all). Ek verkies dit om sport te speel soos action netball of action cricket of action movies… oh nee wag… dit tel nie. Ek hou van interactive goed, soos ‘n span sport waar as ek nie opdaag nie dan benadeel ek nie net myself nie, maar ook die span, so dit is my tipe motivering. Bottom line… Oefening = Belangrik. (Ahem, Liezel)

En dan my logiese stap nommer drie dink ek sal wees net die eenvoudige frase: “Everything in moderation” Komplimente van skoonsus. Die is nou ook in ge’link’ met die 2de paragraaf oor die voedselgroepe en so aan maar ek dink regtig dat dit die hele issue vyfkantig op die kop slaan. Ons is altyd geneig om n ding heeltemal uit perporsie te vat en dan so ons self te benadeel.

“Everything in moderation”.

Die eintlike ding is dat ons dissipline moet hê, sonder dissipline gaan niks gebeur nie. . . (ek gaan nou push-ups doen)

Advertisements

2 thoughts on “Di-Eet vs. Reg Eet

Speak to me!!!!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s