Wonder-Mobile

Wonder Mobile (Noun) Pronounced (Honda Ballade 1.5 Luxline)

Ok, so hoekom sal ek nou eintlik my kar die Wonder Mobile noem? Goeie vraag actually… wel kom ons breek dit op in n paar dele, ek dink dit sal gepas wees want die skedonk van my is so-te-se opgebreek in ‘n paar dele.

  • In die tjor se infancy het hy seker 90km op sy reserwe tank gery, now I dont care what you say, but that is amazing. Om die waarheid te se, dink ek dis die gebed wat die kar so laat “go” het.  (die is seker die enigste goeie punt in die hele stuk –that’s what she said)
  • Na n kleine oopsie en baie maande se afbetaal vir die ou oopsie het hy begin probleme gee… Ooh en die probleme was nie ‘n paar klein dingetjies nie. Nee nee, ry te veel deur water en die kar besluit om net sommer te gaan staan. Just for the funsies of it, hey miskien woon daar n familie van Mogwais (ek is seker jy ken vir Gizmo) onder die engin. “Nee, een van die fuses het nat geword”, se mnr Mechanic. Ok nee dis fine. Kry ‘n nuwe fuse.
  • Dan loop die Wonder Mobile soos n droom vir n paar maande tot hy een dag besluit, reg buite een van South Africa’s finest se stasies, dat hy nou nie wil start nie. Ok, ok, nou dink ek, dis soos n man, jy moet mooi vat en mooi praat en smeek voor hy werk. So I did… Obviously he didn’t love me, want hy wou nie eens vir my n geluid maak nie. “Nee, die starter motor het seer gekry”, se mnr Mechanic. Die kom haal hom, maak hom reg, bring hom terug na my toe. Woep-wap-skiet-pap werk hy weer.
  • Maar toe, terwyl ek ry, nie in traffic nie en ook nie naby aan enigiets wat ek kon stamp of so iets nie, val een van sy indicator light covers uit. Nou vra ek jou, WAT DOEN MENS NOU?
  • Ag, nie eers n week later nie sit ek en hy weer vas. He did some things, I said some things which I wouldn’t discuss here… well not on the first date. “Nee, een van die starter motor se wires het los gekom”, se mnr Mechanic. Mnr Mechanic vat vir Mobile vir anger management en kry sy drade reg, ons was uit mekaar vir amper n week. Dit was nodig, ons was baie liewer vir mekaar daarna.
  • Tot hy rerig lelik begin raak het, hy sal sommer net overheat vir die kleinste trippies. Die het gelei na n hele paar besoeke aan mnr Mechanic wat vir hom ‘n nuwe knoppie dingetjie ingesit het wat die signal reg oordra aan die fan om te werk, en so die water wat deur die engin gaan af te koel (Ja, ek praat nou ook mechanic, ek het gelukkig nie die mullet of die mustache nie), toe is dit n nuwe “lid” vir die water tank ding, ai en om te dink die was goedkoop… nee nee nee. Mnr Mechanic is nie goedkoop nie.
  • Toe lyk dinge asof dit nou reg reg is, vir n paar maande was dit sunshine en brake fluid, and then it all started again. Begin hy net weer so vinnig warm word vir niks nie. Dit kom toe uit dat hy n gaatjie in een van sy pype het, ek vermoed hy het op my verneuk maar ek het nie harde bewyse nie…. NOG nie. ‘n Nice petrol outjie het dit toe sommer vir my reg gemaak, het te werk gegaan met n tang en n chef’s knife (het dinge gedoen wat ek sou love om te doen aan die blerrie kar!!) Girls, ek se julle, dis slim om met n tang en n mes in die kar rond te ry. Veral as jou kar vantevore aan n rep (of dalk die duiwel) behoort het.
  • Nou nie eens n maand later nie begin hy weer met sy kak, miskien is dit omdat hy weet dat oor 3 maande is ek en hy verby. Ek soek al klaar n nuwer model… (kyk as dit maar so maklik met mans was). Upon inspection, after one of his tantrums, waar die temperature gage weer in die rooi rondgedans het, vind ek n 3cm gat in n totale ander water pyp. Nou die gat is slap-bang in die middel van die pyp so ek kan nie self surgery op die ding uitvoer nie, en die water piepie soos n resies perd daaruit… so nou WONDER ek wat gaan volgende fout gaan met my WONDER mobile???

Dis waar die naam vandaan kom…

6 thoughts on “Wonder-Mobile

  1. Pingback: Bye Bye Wonder Mobile… « lukraakvars

  2. Pingback: Moving along on 2 « lukraakvars

  3. Pingback: Memories with Jane! | TweeGirls EenBlog

  4. Reblogged this on lukraakvars and commented:

    TBT – Ek weet dit beteken eintlik Throw Back Thursday maar ek sit n spin daarop… Ek het vir n slag weer my heel eerste blog post gelees, ek dink ek was nogals snaaks hoor. Geniet!!!

    Like

Speak to me!!!!